Wat doen Boekemakranka?

Boekemakranka kombineer ‘n passie vir boeke met tegnologie.

Soms is daar ‘n boek wat Boekemakranka se aandag trek omdat dit ‘n spesifieke boodskap oordra wat ‘n impak maak op ‘n wye lesersmark. Hierdie week se aanbeveling: Vlerke vir almal deur Marion Erskine.

Kliek HIER vir lys van 100 Afrikaanse Topverkopers op Amazon

Hierdie week se gewildste boeke:

Kontak ons:

Pomegranate Moon

Sleutelwoorde

, , , , , ,

In 2008 het Annelise stof in baie gevestigde skrywers se oë geskop met haar Maanvrug, wat sy self uitgegee het. Sy het nuwe betekenis gegee aan die term eroties-in-Afrikaans. Die koerante het dubbelblaaie oor haar geskryf, en tannies het in hulle tee gestik. Annelise het voortgeskryf en duisende boeke verkoop. Self.

Izak de Vries het dit destyds geniet: “Ek het dit pas klaargelees. En? Wel. Ek is kiertsregop. Stokstyf. Hartkloppend. Ensovoorts.

Wat Annelise doen, is om ’n vrou se fantasiewêreld aan die leser oop te maak. Die verteller is gefrustreerd, het kuis grootgeword en was ’n maagd tot op haar troudag. Sy en haar man is gelukkig saam, maar ai. Iets kort.

Maanvrug gaan oor die twee parallelle prosesse in dié vrou se kop. Aan die een kant fantaseer sy. Aan die ander kant begin sy en haar man praat oor die moontlikheid van ’n oper verhouding, die tipe verhouding waar seks nie bloot beperk is tot die twee getroudes se lewens nie.”

PomegranateMoonNou is Maanvrug in Engels vertaal, met die lusmaaktitel, Pomegranate Moon.

Pomegranate Moon is a sensual and sometimes lyrical book that opens the door to the dark closet of Selene’s sexual fantasies and physical adventures. Is she immoral or just more honest than the rest?

Eroticism does not always have to do with love. Sometimes it is meaningless, immoral, insane and absurd… Eroticism does not necessarily have to be soft, pink and romantic. – (Réney Warrington)

The sea splashes over my sun-kissed legs. It washes over me and into me. Neptune plays with me. His soothing, salty semen seeps through me. I can feel the residue of his saltpetre embrace on my body when the sea recedes. I am warmed by the sun. I am melted by the sun. Summer slyly slips into my body. I may combust. I am seasons, satin, softness.

Two lovers court me. Sea God, Sun God. Sea God’s next cool caress makes me shiver.

I am aware of your eyes upon me – at that place where the sea fondles me. Your eyes caress me, too. I feel your desire vibrating in the firmness of the sand under my body. I feel your fingers in the next wave, seeking caress – between my legs … It is a large wave. It swirls around me, over me, and with audacity it touches my breasts, my neck.

When you and the wave recede, my entire body tingles. I know you are watching, I know you desire. Come, my love, synchronise sun and sea. Catch them with your body. Stir them and let them smelt together in the Goddess. Let their duelling die within you. Come!”

PomMoon2

Lees die eerste 10% van Pomegranate Moon GRATIS op Amazon!

Oscar Wilde: “The only way to get rid of temptation is to yield to it.”

The 18th Variation – John van den Berg

Sleutelwoorde

,

The 18th Variation is primarily a memoir about love lost and found. The memories of the narrator are often evocative, and the line between love and hate is hard to pin down. In addition the brutal death of a girl in a small village clouds the lives of the characters. It seems so simple at first: the author is doing research about a painter who disappeared a decade ago – presumably after murdering the girl whose portrait he’d painted – but doubts eventually arise whether the artist had really been guilty. If not, the village where the tragedy occurred might still harbour her unidentified killer. And the possible motives are often ambiguous. The strength of the author, other than the realism of his writing, is the controlled complexity and psychological depth of the plot. The denouement is unexpected and the story hard to forget.

 

obj677geo617pg37p28John van den Berg was born in The Hague but came to South Africa as a six-year old. After taking early retirement from a career in the medical field, and a subsequent stint as an estate agent, he decided to pursue his interest in psychoanalytical counselling (he is a certificated counsellor) and in writing. The 18th Variation is his first novel, but he is currently working on a sequal, set on a cruise ship.

 

 

 

 

 

Click on the cover to read a free sample of The 18th Variation,
or to buy from AMAZON.

Also available as ePub from TAKEALOT and KOBO

Received a 4-star review on GOODREADS

Listen to a SOUND CLIP of an interview with the author at the 2013 Woordfees.

 

 

 

 

 

Paper copies available – for your copy, contact John van den Berg.

 

Ek Lieg nie vir jou Sop nie

Groot opwinding hier by Boekemakranka.

Soos party van julle dalk weet, het ek in 2013 ʼn kortverhaalbundel (My Kort vir jou Sop) saamgestel, waarvan alle tantième vir plaaslike liefdadigheid gegaan het. Dit was baie harde werk om die verspreiding en bemarking self te doen, maar dit was ongelooflik lekker elke keer as ek ʼn paar honderd rand kon oorbetaal. Ons plaaslike sopkombuis het verslag gedoen van elke sent van die aankope en kospakkies opgemaak vir behoeftige gesinne. Julle het geen idee hoe lekker dit was om die hope kospakkies so sien lê en jy weet jy het vir ʼn klomp gesinne ʼn paar maaltye met ʼn bietjie aller-basiese goed, voorsien nie.

Die inspirasie vir hierdie bundel was ʼn storie wat Pieta Pieterse my vertel het oor sy skoonseun, hoe ʼn paar sandale sy hele lewenspad verder beïnvloed het. Net daar het ek geweet dat die volgende bundel moet bestaan uit ware verhale, oor ʼn spesifieke klein insident wat ʼn groot invloed op jou lewensbeskouing of lewenspad gehad het. Ek het nog gewonder oor die gedagte wat my getref het, toe kom die antwoord in my kop: Ja, doen dit, en die bundel se naam moet wees Ek Lieg nie vir jou Sop nie.

Ek vertrou my intuïsie en het ‘n paar skrywers gevra om vir my ʼn oorspronklike stukkie te stuur voor einde April, wat nog nie elders verskyn het nie, oor ʼn insident wat hul lewensbeskouing verander het. Dit kan iets wees wat vir ander totaal onbenullig lyk, maar ons weet mos, sulke ware verhale vat eenvoudig net op ʼn ander manier aan mense se harte. Die waarheid is inderdaad ook vreemder as fiksie.

Alle tantième sal verdeel word tussen ons plaaslike Sopkombuis en die Fynbos projek. (Hulle kook maaltye vir behoeftige oumense in die dorp uit al die gemeenskappe) Dit is dus letterlik ʼn flertsie van jou lewe wat jy beskryf, wat kosgee vir mense.

Daar is egter nog ‘n hele paar skrywers wie se e-posadresse ek nie het nie, of wat verlore geraak het na my rekenaaropgradering. Hulle word nog nadergehark.

In nederige erkentlikheid vir die skrywers (van ons héél grootstes – bekroonde skrywers) wat stories belowe het en ook reeds gestuur het. Groot dank aan die heel eerste een in my inboks van Reney Warrington af. Ek het snot-en-trane gehuil toe ek dit lees, toe die tweede een van Amos van der Merwe inkom. Ek het ys-yskoud geword toe ek dit lees. En toe weer gehuil …

Julle, hierdie stories gaan harte raak, want dit kóm uit harte.

 

Nuwe boeke

Wat ‘n interessante klomp nuwe boeke en e-boeke het die afgelope tyd by verskillende uitgewers verskyn, daar is sowaar iets vir elke smaak – Kliek op die voorblad vir meer inligting (regskliek en kliek dan op Open in New Tab).

       DansDuiwel2Dolphins DepressieOTD

Kopskoot           Dubbelspel

 

Die sideboard                    Skaduself

Stippellyn            Laastedans

vyfenveertigskemeraandsange            Inligtelaaie

Daar doer                Biegbrief

Ek is my brein Omslag.indd           Voetspore202

 

Hou hierdie spasie dop. Volg ons in die kolom regs en jy word per e-pos in kennis gestel van nuwe inskrywings wat inligting gee oor nuwe boeke.

 

Skrywersprofiel – Dries Brunt

Sleutelwoorde

Skrywer Dries Brunt is een van die mense wat ek laat in my lewe ontmoet het, en bevoorreg voel dat ek wel die geleentheid daarvoor gekry het. Hy het onlangs sy 80e verjaarsdag gevier, en is saam met sy geliefde Maryna in die proses om  na ‘n aftree-oord te verhuis.

Dries het verskeidenheid van belangstellings en ‘n indrukwekkekkende akademiese rekord en werksgeskiedenis. Sy boek, Dagboek van ‘n eensame (as e-boek by Boekemakranka beskikbaar as Ekspedisie Onvervuld, is ‘n fiksieverwerking van ‘n deelname aan ‘n Antarktiese ekspedisie wat hy in 1963/4/5 meemaak. Deur hierdie ondervinding kon hy fiktiewe realisme inbou en saam met sy filosofiese belangstelling die liggaam/siel-eenheid/-skeiding inwerk in ‘n verhaal oor fisieke blootstelling en geestelike oorwinning.

Sy kennis van kuns, musiek, digkuns en wêreldliteratuur is indrukwekkend, en Steve Hofmeyr beskou Dries as sy mentor ten opsigte van die skryfkuns. Hy het meer as 500 boekresensies vir Citizen geskryf.

Mens word ook nie 80 sonder om die lewe te leer ken in sy vele fasette nie. So het Dries boeke geskryf oor onderwerpe waarvan hy persoonlike kennis dra waarvan min mense iets weet, soos ‘n ekspedisie na Antarktika, en die verhaal van dr Gerhard Buchner, wat die aborsiekliniek bedryf het in die vyftigerjare.

Inligting soos deur Dries geskryf, op LitNet:

Ek is in 1933 in Nederland gebore en emigreer in 1949 saam met my ouers na Suid-Afrika. Hier gaan bly ons in Pretoria waar ek, met uitsondering van ’n kort verblyf in Vanderbijlpark, my lewe lank woon. Hier in die Jakarandastad ontmoet ek Maryna Cilliers van Eilandia, ’n plaasgemeenskap naby Robertson, en ons trou in 1959. By haar ouers, wat wingerdboere was, leer ek die lewe op ’n wingerdplaas ken en het dit my en die kinders verryk, ’n nuwe wêreld van plaas, oop vlaktes en swem in die Breërivier oopgemaak en by my sommer ook ’n liefde vir wyn en moskonfyt vasgelê.

Voordat ek by die wyn uitkom het, was daar darem eers skool en universiteit en moet ek u gou vertel hoe dit verloop het. Ek maak klaar met skool toe ek in 1953 vir die laaste keer deur die hekke van die Afrikaanse Hoër Seunskool uitstap, trotse besitter van ’n matrieksertifikaat. Maar nie sommer so nie! Tussen standerd agt en nege maak ek kennis met die lewe soos hy is; een jaar oorgeslaan om in ’n goudmyn (SALLIES in Brakpan) te gaan werk om die familie-inkomste aan te vul. Ons was arm, want Vader het met slegs £12 in sy sak en ’n vrou en vyf kinders hier in die Kaap aangekom, om die verwoesting van oorlog te ontsnap.

Ek was gelukkig om na my laaste skooljaar ’n Yskor-beurs te bekom en behaal ’n BSc-graad in Metallurgie (UP) in 1957. My akademiese prestasie was nie uitsonderlik nie, maar ek het studie tog geniet en later ’n BA in Sielkunde (UP, 1960) ’n BA Hons in Wysbegeerte (UP, 1967) en ’n MA Informatika (RAU, 1984) behaal.

Hierdie verskeidenheid van belangstellings reflekteer ook in my werkgeskiedenis. Na die goudmyn kry ek tegniese opleiding in staalproduksie by Yskor, was ek van 1961 tot 1965 tegniese beampte in metallurgiese navorsing by die WNNR (tydens dié periode is ek vir die 1963 Antarktiese ekspedisie gesekondeer), ontwerp en bedryf ek ’n gemeganiseerde inligtingstelsel vir die yster-en-staalbedryf (net-net voor die rekenaar begin oorvat), was ek projekingenieur by Yskor-Vanderbijlpark-fabriek, en het ek ’n nasionale gerekenariseerde inligtingstelsel vir die WNNR ontwerp en bestuur, waarmee ek my loopbaan as werknemer in 1990 afsluit. My werk by die WNNR neem my na vreemde plekke in die wêreld en bring my as nasionale verteenwoordiger by vergaderings van die International Council for Scientific Unions en die Federation Internationale de Documentation met interessante mense in aanraking.

Na die WNNR stig ek en ’n vennoot ’n maatskappy wat CD ROM-databasisse versprei en tree ek in 1995 uit om voltyds te skryf. In die lange jare by die WNNR het ek wel talle wetenskaplike artikels gepubliseer (een daarvan in 1987 bekroon as die beste artikel van die jaar in die Tydskrif vir Biblioteek- en Inligtingkunde), waarmee my belangstelling vir skryf waarskynlik ’n hupstootjie kry, beleef ek daarna die oorgang van vakkundige skryfwerk na fiksie, en moet ek leer om van verslagstyl na skryfstyl om te skakel. Tans bestee ek my werktyd aan skryf en as medebestuurder van ’n maatskappy, New Media Productions, wat omsien na gesondheidsorg vir ongeletterde mense in ons land.

Dit is hoe die lewe tot dusver met my gewerk het en ek met hom.

Belangstellings? Behalwe vir die gewone dinge waarmee elkeen van ons geseën is, soos krieket kyk, lekker eet (saam met wyn uit die Robertson-streek), kuier, en musiek op Classic FM, is skryf van fiksie, gedigte en essays vir my ’n groot plesier. Lees natuurlik ook en hier kom ek dikwels by my ou vriend, die filosofie, uit. Laastens die skilderkuns, van Impressionisme tot net voor die aanslag van Abstrakisme. (As die woord Abstrakisme vir u vreemd is, gun tog maar die skrywer sy vryheid van spraak!)

Dries, ek eer jou. Alles van die beste vir julle toekoms by die Wilgers-Oord.

Om meer te wete te kom van Dries se  lewensfilosofie, lees sy nuutste e-boek, Funbook.

Funbook3

 

Kliek hier vir ‘n lys van al Dries Brunt se e-boeke op Amazon

Boeke ook in epub beskikbaar by Kalahari en Leserskring, Kobo en MyBooks.

Beveg depressie en leef voluit!

Sleutelwoorde

,

Loop die swart hond ook agter jou aan?

Vermoed jy jy is dalk depressief? Is jy alreeds met depressie gediagnoseer? Is jy moedeloos omdat jy dit nie afgeskud kry nie? Veg iemand wat jy ken daarteen?

Die gewilde skrywer Alta Cloete was vir amper twintig jaar ‘n depressielyer wat haar swaarkry ten alle koste vir die wêreld weggesteek het. Die afgelope klompie jare het ‘n hele paar dinge egter in haar kop bymekaar gekom en haar uitkyk het radikaal verander. Hoewel sy steeds soms swaarkry, is daar nie meer die hooploosheid en hopeloosheid van die verlore jare nie.

DepressieOTDDie verandering het gekom toe sy ‘n depressievegter in plaas van ‘n depressielyer geword het. ‘n Depressievegter is iemand wat verantwoordelikheid vir sy eie welstand neem en met alles waaroor hy beskik, teen depressie veg. Blogposts hieroor en die reaksie van lesers het tot die droom van ‘n boek oor depressie gelei.

Alta se groot begeerte is om ander depressielyers te help om ook die kopskuif van depressielyer na depressievegter te maak. Dit maak ‘n geweldige verskil aan ‘n mens se lewe.

Sy is ook die skrywer van tien romanses (onder die skrywersnaam Marilé Cloete) en ses liefdesromans.

 Bestel die e-boek by Amazon vir jou Kindle

Bestel die epub van Kalahari. Ook by Leserskring en MyBooks verkrygbaar.

Winterwarmte

Sleutelwoorde

, ,

Naweke in die winter bring mense op verskillende maniere deur. Sommige speel  met hulle Speelgoed, ander lees net daaroor…

SpeelgoedAnnelie Verwey het jare terug besluit sy sal niemand se speelding weer wees nie. Uit ondervinding weet sy geen man is die opoffering werd nie. Maar dan begin haar hormone lol en drifte en drange versuur haar lewe. Op aanbeveling van haar vriendinne, gaan koop sy speelgoed vir ongekompliseerde verligting. Nie poppe en karretjies nie – volwasse speelgoed in ‘n plek waar geen dame haar eintlik mag bevind nie.

Haar besluit ontketen ‘n kettingreaksie wat haar dwing om haar eie waardesisteme en dit wat sy as algemene aanvaarde norme beskou het, te heroorweeg. Sy vind uit dat alles ‘n prys het en niks in die lewe sonder komplikasies is nie.

Nou as e-boek beskikbaar vir jou Kindle op Amazon, en binnekort ook as epub by Kalahari, Leserskring, MyBooks en Kobo.

‘n Baba is gebore

Sleutelwoorde

, , , ,

Die idee vir hierdie e-bundel het agter die strykplank ontstaan, toe ʼn gedagte my kop binnegedwaal het om ʼn kort-kortverhaalbundel saam te stel vir liefdadigheid. Voordat ek die kussingsloop kon klaar stryk, was dit finaal gereël: Dit moes kort-kortverhale wees, met die titel My kort vir jou sop. Alle opbrengs moet gaan vir plaaslike liefdadigheid, die skrywers se tantième na ons Sopkombuis en Boekemakranka se deel na Vriende van Kleinmond Biblioteek. Net so. Asof dit ʼn vraag-en-antwoord sessie was.

Wat kon ek doen? Ek het die strykyster afgeskakel en versoeke na skrywers begin uitstuur. Die reaksie was eenvoudig oorweldigend! Verhale is ontvang van ons land se voorste skrywers en ook van mense wat nog altyd graag wou skryf. Elke verhaal is met die grootste deernis en respek behandel en my medekeurder het voorgestel dat ons sover moontlik verhale wat ingestuur is, in hierdie bundel opneem, gedagtig aan die feit dat dit ʼn liefdadigheidsbundel is. Ek hoop dit verskaf plesier met die wete dat dit help om ʼn magie iewers vol sop te kry, en nog ʼn boek in die Kleinmond biblioteek.

Daar is ʼn wonderlike verskeidenheid bydraers, van ons land se bekroonde skrywers, tot die wenopstel van ʼn twaalfjarige en ʼn verhaal deur ʼn talentvolle matriekdogter. Bydraers sluit ook in ander kunstenaars soos liedjieskrywers, sangers, ʼn akteur en ʼn beeldhouer. Baie besonders is die heel eerste gepubliseerde tydskrifverhaal van ʼn bekende skrywer, soos dit in 1976 in Huisgenoot verskyn het.

Dan het skrywers hulle ook nie te veel gesteur aan die riglyn van 400 woorde nie, maar nou ja, hulle harte wou net méér gee vir die projek, en dit word met dank so aanvaar.

Met die grootste dank aan elke skrywer, vir elke bydrae.

Mag die leser plesier hieruit kry.

Kliek hier om My kort vir jou sop in Kindle formaat by Amazon te koop
(Ook binnekort in ePub te kry by Kalahari, Leserskring, Kobo en MyBooks)

My Kort vir jou Sop

Die reine waarheid op 1 April

Sleutelwoorde

, , ,

Een van Boekemakranka se boeke, Herman Toerien se Die reine waarheid en ander liegstories, is vandag in die nuus. Daar is ‘n artikel in vandag se Volksblad.

“Die ou mense het nog baie stories uitgeruil en vertel. Daar is skatkiste van stories wat verlore gaan, omdat die nuwe generasie nie die stories oorvertel nie.”

Die meeste van die sowat 100 kortverhale is Vrystaatse stories, maar sommiges is ook van ander oorde bekom. Toerien sê hy het die boek se titel gekies, omdat nie altyd bepaal kan word wanneer ’n storie die waarheid is nie.

“Van die stories is die waarheid, sommiges op die waarheid gegrond, sommiges net as die waarheid oorvertel en hier en daar ’n blatante kluitjiesbakkery.”

Alhoewel dit vandag 1 April is, is dit Die Reine Waarheid, en geen grap nie.

Om die eerste 10% van Die reine waarheid en ander liegstories gratis op Amazon te lees, kliek op hierdie skakel (Jy kan dit ook daar vir jou Kindle aanskaf.) Ook in ePub te kry by die volgende plekke:
Kalahari
Leserskring
MyBooks
Kobo

Om meer van Herman te lees, besoek sy skrywersblad op Boekemakranka.