Sleutelwoorde

, , , ,

Annelise is met die skryfgogga in haar bloed gebore en vandat haar eerste gediggie in die destydse Patrys verskyn het, was haar pen nooit ver van die inkbottel af nie. ‘n Spanning tussen haar soeke na vryheid en sin vir verantwoordelikheid het tot gevolg gehad dat sy die swart inkpot waarmee sy tot op daardie stadium geskryf het, vir een met bloedrooi ink geruil het. Dit het ʼn kreatiewe proses in haarself aan die gang gesit, waarmee sy die mure rondom erotiek in Afrikaans neergepletter het met die verskyning van Maanvrug in 2007. Erotiek in Afrikaans. Erotiek soos nog nie voorheen in Afrikaans geskryf, of beskryf nie. In rooi ink het haar fantasieë uiteindelik lewe gekry. In rooi kon sy wees wie en wat sy wou wees, en doen wat sy wou doen.

Al word die wêreld se reëls steeds in swart ink geskryf, kan jy nou saamreis op hierdie erotiese rit. Geen waarborge dat die rit nét pret gaan wees word egter gegee nie…

Sy is tans besig om nog ‘n liefde van haar – filosofie – te studeer. Haar boeke Maanvrug, Weerloos en Slavin het almal ‘n sterk filosofiese inslag.

Besoek haar webwerf vir meer inligting.

Bestel Annelise se boeke hier:

Vir jou Kindle, bestel van Amazon.

Maanvrug

Slavin

Weerloos

Vir Annelise se boeke in ePub formaat vir jou Kobo, Nook, iPad of ander e-Leser kan jy dit van Leserskring, Kalahari, MyBooks of Kobo bestel. Leserskring Klublede: e-Boek aankope tel nou as Klubverpligting!

Kalahari

Kobo

Leserskring

MyBooks