Sleutelwoorde

, , , , ,

Sekere boeke word bekend gestel, maar hierdie een is anders.

Boekemakranka Gooi Oop – V-verhale, deur Erla-Mari Diedericks!

Welkom in die wêreld van die Volksvagina. Sy is bevry, begeesterd en baie, baie stout (en snaaks). Hierdie is nie chick-lit nie – hierdie is komiese en intellektuele klit-lit op sy beste! Die destydse Vagina Monologues (en die Afrikaanse verwerking) het die kollig geplaas op hoe vroue hul vaginas en vrouwees beskou. V-verhale neem hierdie konsep ‘n stappie verder en bevry die vagina en die vrou selfs méér – deur verskillende vaginas self aan die woord te stel! Die resultaat is skreeusnaakse en dikwels erotiese stories oor hoe die vagina haar “eienares”, haarself en mans/seks ervaar.

Kom los … Laat jou meesleur deur die sappigheid van die Volksvagina.

Kliek hier om die e-Boek V-verhale op Amazon te koop (Dit sal binnekort ook as ePub vir ander e-Lesers as Kindle beskikbaar wees)