Sleutelwoorde

, , ,

Katelknaap of cougar? Verlede week het Amazon ‘n stok in die hoenderhok gegooi en verkope van verskeie titels van onafhanklike e-boek uitgewers en ook individue geblok, met ‘n generiese boodskap daarby:

Item Under Review
This title is currently unavailable because customers have told us that there may be something wrong with the description, the content, or the way that the content is displayed.
We’re working with the publisher to fix the problem as quickly as possible. As always, we value customer feedback.

Die boodskap na die skrywer/uitgewer was bloot:

We’re writing to let you know that at least one of your readers has reported some problems within your book. We confirmed the problem and have temporarily removed your title from sale to prevent new readers from experiencing these issues.

You’ve submitted your book in a language that isn’t yet supported.

Ongelukkig het daar na vele korrespondensie en ook foonoproepe met Amazon deur ‘n paar van ons, geen bevredigende antwoorde gekom nie, en die finale generiese boodskap aan al die betrokkenes was:

We’re sorry we haven’t been able to address your concerns to your satisfaction. We will not be able to offer any additional insight or action on these matters.

Ek sal Amazon altyd dankbaar wees vir hierdie deur wat hulle vir my oopgemaak het, en het hulle nog altyd ervaar as ‘n plek wat uitstekende diens lewer. So vir al wat ons weet, verander Amazon een van die dae sy taalbeleid en kan almal ontspan!

Intussen speel hierdie orkes voort, en Carlien word ‘n cougar pleks van die katelknaap wat sy kry…

Bestel Carlien speel cougar HIER van Amazon. (Binnekort ook as ePub by Kalahari, Leserskring, MyBooks en Kobo beskikbaar)